Breadcrumb
Natuurwetenskap
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n vooraanstaande fakulteit vir opleiding en navorsing in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe. Met agt departemente, verskeie navorsingsentrums, institutte en navorsingsleerstoele bied ons ’n stimulerende akademiese omgewing waar studente op alle vlakke – van voorgraads tot nagraads – met komplekse wetenskaplike uitdagings werk en aangemoedig word om volhoubare oplossings te ontwikkel.
Jy leer om krities te dink wanneer jy wetenskaplike uitdagings aanpak, gebaseer op ’n stewige grondslag in die natuurwetenskappe. Met toegang tot gevorderde analitiese toerusting en moderne laboratoriumfasiliteite kry jy volop geleenthede vir praktiese opleiding en die ontwikkeling van jou analitiese vaardighede – sodat jy hierdie uitdagings met insig en selfvertroue kan benader.
What can I study?
Our social impact
Our research
Faculty stories
Menings en artikels
Vroue in STEM los werklike probleme op
Vroue in die wetenskap los werklike probleme op nie net deur nuwe materiale te ontdek of eksperimente te verfyn nie, maar deur te herdefinieer wat as ’n...
Natuur- en wiskundige wetenskappe
US vier installasie van gevorderde instrument, lui nuwe era vir isotoopwetenskap in
Die Kamer van Mynwese-gebou by die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Aardwetenskap het met opwinding gegons toe studente, akademici en...
Natuur- en wiskundige wetenskappe
Navorsingstoekenning sal krities belangrike mineraalpotensiaal in Sentraal-Afrika ontsluit
’n Groot nuwe navorsingsinisiatief sal lig werp op een van Afrika se belowende mineraalryke provinsies, die Wes-Kongo-gordel (WKG), waaroor daar nog min...