Skip to main content
Meer as 500 BSc-grade toegeken

Meer as 500 BSc-grade toegeken

Communication & media, Faculty of Science
07 Desember 2016

Meer as 500 grade in die natuurwetenskappe sal tydens die Universiteit Stellenbosch se Desember-gradeplegtighede toegeken word.

Op Donderdag 8 Desember word 17 doktorsgrade toegeken, terwyl daar op Vrydag 9 Desember 487 BSc-grade, 35 BSc Honneurs- en 46 MSc-grade toegeken word. Dit is 'n totaal van 585 grade in die natuurwetenskappe.

Tydens die gradeplegtigheid op Vrydag sal die US se Kansellierstoekennings vir buitengewone prestasie ook oorhandig word. Vanjaar is Prof. Bert Klumpermann, uitgelese professor en bekleër van die DWT/NNS Suid-Afrikaanse navorsingsleerstoel in gevorderde makromolekulêre argitekture, en Prof. Leon Dicks, uitgelese professor in die Departement Mikrobiologie, die waardige ontvangers van dié gesogte toekenning.

'n MSc student in fisika, mnr. Xavier von Stein, sal die S2A3-medalje vir die beste MSc-student in natuurwetenskappe by die US ontvang. Dié jaarlikse toekenning word elke jaar deur die Suider-Afrikaanse Genootskap vir die Bevordering van die Wetenskap aan die beste MSc student by elke Suid-Afrikaanse tersiêre instelling gemaak.

Vir nuus en foto's, volg ons op Twitter @MatiesStudents en @scienceSUN, Instagram @StellenboschUni en Facebook facebook.com/stellenboschuniversity  #SUgrad

Klik hier vir 'n regstreekse web-uitsending