
Klink 'n glasie saam met alumni-span
Die Alumni-verhoudingekantoor van die Universiteit Stellenbosch (US) nooi alle studente wat in Maart 2018 gradueer om na elke gradeplegtigheid by van hul spanlede en mede-graduati aan te sluit vir 'n glasie vonkelwyn.
Die vonkelwyn (en 'n nie-alkoholiese alternatief) word in die tent langs die Sportwetenskap-gebou agter die Coetzenburg Sentrum bedien.
Die alumnikantoor wil graag met jou kontak hou sodat jy elektroniese nuusbriewe, Matieland en uitnodigings na alumni-geleenthede kan ontvang. Die jaarlikse Tuiskomsnaweek gedurende die Woordfees is 'n baie gewilde geleentheid vir alumni.
Graduati is almal lid van die US se Konvokasie. Jy sal 'n uitnodiging ontvang na die algemene jaarvergadering en ook genooi word om aan die verkiesing van Raadslede deur die Konvokasie deel te neem wanneer termyne verstryk.
Kontakbesonderhede:
Tel: +27 21 808 9266Faks: +27 21 808 8405E-pos:[email protected]