Skip to main content
US verseker sy plek onder die wêreld se beste universiteite

US verseker sy plek onder die wêreld se beste universiteite

Corporate Communication and Marketing Division
23 Oktober 2020

​Die Universiteit Stellenbosch (US) het 'n merkwaardige prestasie in 2020 behaal deur onder die wêreld se beste universiteite op drie verskillende wêreldwye universiteitsranglyste te verskyn. Die onlangse weergawe van die US News & World Report Best Global Universities Ranking met die US in die 321ste plek op die ranglys, bevestig die uitkoms van ander onlangse ranglyste. Die US beklee tans die derde plek onder die voorste universiteite in Suid-Afrika en Afrika. Met hierdie prestasie het die Universiteit sy plek onder die voorste 1% van universiteite in die wêreld verseker. ​​