Bioinformatika en Rekenaarbiologie
Daar is etlike sub-velde in die dissipline van bioinformatika. Dit sluit die volgende in:
- Volgorde analise, waar genoom volgordes analiseer en vergelyk word, die patrone en reëls waarvolgens genome evolueer uitgepluis word, of proteïn verwantskappe bestudeer word. Dit behels ook die analise van genoom volgorder in populasies, en die identifisering van enkel nukleotied polimorfismes (ENPs), en die verwantskap tussen hierdie ENPs en menslike siektes of farmakologiese doeltreffendheid op 'n individuele vlak. Verwante analises is ook sentraal aan moderne landbou.
- Strukturele bioinformatika behels die analise en voorspelling van die makromolekulêre struktuur van RNA of proteïene, of die argitektuur van chromatien en formasie van funksionele domeine in die sel kern.
- Databasis ontwikkeling is daarop gemik om hulpbronne aan bioloë te verskaf om te help om groot komplekse, inter-afhanklike datastelle te gebruik.
- Algoritme en sagteware ontwikkeling is die ontwikkeling van metodes om spesifieke take doeltreffend te verrig, of die skryf van programme om die middels te verskaf om hierdie take te verrig, sowel as nuwe, toekomstige toepassings.
Hierdie is alles aktiewe, hedendaagse navorsings gebiede in bioinformatika.
Wat doen die Afdeling Bioinformatika?
Die Afdeling Bioinformatika is by navorsing in bioinformatika betrokke, die opleiding van na-graadse studente met navorsings projekte in bioinformatika, verskaffing van opleiding aan personeel en studente in algemene onderwerpe in bioinformatika, en ondersteuning met bioinformatika komponente in deurlopende navorsings projekte. By Universiteit Stellenbosch is die bioinformatika navorsingsgroepe tussen die Stellenbosch en Tygerberg kampusse versprei.
Ons Programme
BSc in Bioinformatika en Rekenaarbiologie
Hierdie driejaarprogram leer jou hoe om biologiese vraagstukke met rekenaars op te los. Jy neem vakke soos rekenaarprogrammering, wiskunde, statistiek, biochemie en genetika – en leer hoe om metodes te gebruik om groot hoeveelhede biologiese data te verstaan. Jy bou ’n stewige grondslag vir verdere studie of ’n loopbaan waar biologie en tegnologie saamwerk.
      
      BScHons in Bioinformatika en Rekenaarbiologie
’n Eenjaarprogram waarin jy leer oor die kernbeginsels van bioinformatika. Jy woon seminare by, doen kursuswerk, en voltooi ’n navorsingsprojek onder leiding van ’n studieleier. Ideaal as jy verder wil studeer of jou kennis in die praktyk wil gebruik.
      
      MSc in Bioinformatika en Rekenaarbiologie
’n Voltydse navorsingsgraad waarin jy ’n spesifieke onderwerp ondersoek, onder leiding van ’n studieleier. Jy skryf ’n tesis oor jou bevindings, en ontwikkel sterk navorsings- en denkvaardighede in hierdie vinnig groeiende veld.
      
      PhD in Bioinformatika en Rekenaarbiologie
’n Voltydse navorsingsintensiewe program waarin jy ’n oorspronklike proefskrif voltooi en dit mondelings verdedig. Jy werk saam met jou studieleier aan ’n navorsingstema waarop julle saam besluit. Afhangend van jou agtergrond, kan aanvullende kursuswerk vereis word.
      
      