Skip to main content
Prof. Andries Visagie lewer professorale intreerede

Prof. Andries Visagie lewer professorale intreerede

Departement Afrikaans en Nederlands
18 Mei 2016

​​Met sy professorale intreerede oor moderniteit in die Afrikaanse letterkunde, het prof. Visagie sy kennis van en insig in sy vakgebied met kollegas, studente, familielede en belangstellendes gedeel. Sy navorsing oor manlike subjektiwiteit in die Afrikaanse letterkunde, en meer onlangs oor die uitbeelding van die verhoudinge tussen mens en dier in die letterkunde, lewer belangrike bydraes tot die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse literêre omgewings.Visagie is in 2015 as professor in die Departement Afrikaans en Nederlands aangestel en hy spits hom hoofsaaklik toe op die Afrikaanse prosa en poësie.

Op die foto verskyn prof. Visagie (regs) saam met prof. Johan Hattingh, dekaan van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.