Skip to main content
Tuiskoms 2023: Jou BBP-kaartjie

Tuiskoms 2023: Jou BBP-kaartjie

Development & Alumni Relations
28 Augustus 2023

Die Universiteit Stellenbosch maak gereed om die maroen tapyt uit te rol vir Tuiskoms 2023 wat vanaf Donderdag 14 September tot Saterdag 16 September op die Stellenbosch- en Tygebergkampus plaasvind. 

Skud jou vere reg vir die SWAN Gholfdag by die gesogte Stellenbosch Gholfklub; die gewilde Maties Soirée wat Matie-wynmakers en makers van alkoholvrye drankies bymekaarbring; vooraanstaande sakekenners wat hulle insigte by ons Sakeontbyt gaan deel; PSO-gemeenskappe en koshuise wat hulle bestaansjare en reünies vier; en die eerstejaarsgroepe van 1973, 1983, 1993, 2003 en 2013 wat vir middagete onder die eikebome by die Alumni-klubhuis gaan saamtrek.

'n Splinternuwe nommer op die program is die Matieland Konsert, Die konsert beloof uitsonderlike optredes deur talle talentvolle Matie-musikante en vermaakkunstenaars, waaronder Kirsty Bows, Koos Kombuis, RAAF, en die Matie Sêr-sterre.

Jy wil dit nie misloop nie. KLIK HIER vir die volledige Tuiskomsprogram en KLIK HIER om jou plek te bespreek.

Enige vrae? Stuur gerus 'n e-pos aan [email protected] of skakel +27 21 808 2710.