Skip to main content
Klimaatsverandering dryf wêreldwye afname in amfibieë

Klimaatsverandering dryf wêreldwye afname in amfibieë

Faculty of Science (media & communication)
05 Oktober 2023

​US-navorser dra by tot wêreldwye navorsingstudie wat bevind het dat 40% van amfibieë uitsterwing in die gesig staar, hoofsaaklik weens klimaatsverandering

  • Volgens 'n belangrike artikel wat in die wetenskaplike vaktydskrif, Nature, verskyn het, blyk dit dat klimaatsverandering een van die belangrikste redes vir 'n wêreldwye afname in amfibieë is.
  • Professor John Measey van die US se Sentrum vir Indringerbiologie was een van meer as 100 internasionale kundiges wat data en hulle kundigheid tot die navorsingstudie bygedra het.
  • Hy was verantwoordelik vir die Suider-Afrikaanse gedeelte van die projek.
  • Measey het die volgende te sê:

- “IUCN-assesserings is 'n belangrike aanduiding van die bewaringstatus van ons plaaslike amfibieë, en hierdie assessering dui op 'n voortgesette daling."

- “Hierdie studie dui daarop dat siektebrandpunte onder amfibieë in Sentraal- en Oos-Afrika 'n toenemende bron van kommer vir hulle bewaring op die vasteland is."

- “Die Rooilysindeks dui op die voortgesette afname in die getalle van Afrika-amfibieë, hoofsaaklik weens die verlies aan habitat, maar ook weens onlangse siektes."

Die volledige internasionale persvrystelling kan hieronder gelees word: Climate change emerges as major driver of amphibian declines globally​

Kontak​

Prof. John Measey

Sentrum vir Indringerbiologie, Universiteit Stellenbosch 

E-pos: [email protected]