US stel veiligheids- en nakomingsambassadeurs aan om die nakoming van COVID-19 onder studente op die kampus te verseker
Die Universiteit Stellenbosch se COVID-19 Kampus Bedryfswerkstroom het sestig studente-veiligheidsambassadeurs aangestel om te verseker dat studente op kampus COVID-19-protokolle nakom.
Brandon Como, Veiligheidsrisikobestuurder by Fasiliteitsbestuur, het gesê toe hy die sestig poste op die forums vir studenteveiligheidskomitees geadverteer het, het hy binne vyf ure soveel soos 175 aansoeke van studente ontvang.
"Hulle moes motiverings indien waarom hulle aangestel moes word, en op grond daarvan het ons ons keuses gemaak," het Brandon gesê. “Dit is 'n welkome inkomste vir studente."
Die veiligheidsambassadeurs het op Maandag, 15 Maart 2021, begin en is by al die fakulteite se ingange rondom die US-kampus gestasioneer. Hulle verseker dat alle studente COVID-19-nakomend is (masker dra, ontsmet en sosiale afstand neem) en die HealthCheck-app instrument vir selfmonitering van Higher Health voltooi het. Hulle is maklik identifiseerbaar met hulle heldergroen veiligheidspette en veiligheidsbaadjies.
Die ambassadeurs werk elke werksdag van 7h30 tot 16h30 in roterende skofte om te verseker dat hulle ook gedurende die dag hul klasse kan bywoon. "Dit is 'n tydelike reëling en ons ambassadeurs sal op die kampus wees soos ons gewoond raak aan die nuwe manier van lewe op kampus," sê Brandon.