Skip to main content
Leer saam met ons Afrikaans praat

Leer saam met ons Afrikaans praat

Taalsentrum / Language centre
25 Januarie 2021

Madiba het baie raak opgemerk dat, as jy met mense in hul taal praat, die kans groot is dat jou boodskap ook hul harte sal bereik en nie net hul koppe nie. Die aanleer van ʼn nuwe taal gee ook toegang tot die kultuur van die mense wat daardie taal praat. Sonder kommunikasie misverstaan ons mekaar so maklik, en soms is ons selfs bang vir mekaar.

By die US Taalsentrum is taal ons besigheid. As jy Afrikaans wil leer (dit is immers een van die Wes-Kaap se amptelike tale), is jy by die regte plek! Ons bied ʼn interaktiewe taalkursus vir Afrikaans aan vir die publiek en Universiteitspersoneel, wat op 15 Maart 2021 begin en op 18 Junie 2021 eindig. Ons sal nader aan die tyd besluit of ons in persoon vir die kursus gaan ontmoet en of dit aanlyn aangebied sal word. Hoe dit ook al sy, jy sal ʼn heerlike taalervaring hê, en ook meer leer oor die verskillende kultuurgroepe in die uiteenlopende Afrikaanse gemeenskap. As jy belangstel, e-pos asseblief vir Vernita Beukes by [email protected]. Gou-gou!​​