Hou Tygerberg Veilig - Ontmoet Deon Jacobs
19 Februarie 2018
My naam is Deon Jacobs en ek vorm deel van die Tygerberg Kampussekuriteitspan. Het jy enige terugvoer oor ons dienste? Kom na die beheerkamer onder die Kliniese Gebou, skakel 021 938 9507 of stuur 'n Whatsapp na 082 808 2333.
Jare op kampus: 18
Dít maak my werk die moeite werd: Om iets goed te kan doen vir my medemens en om misdaad te bestry.
Beskryf jouself: Lojaal. Passievol oor my werk. Ek wil 'n inspirasie wees vir ander.
Lewensleuse? Probeer om altyd te glimlag en moenie alles in die lewe so ernstig opneem nie.
Geheime stokperdjie? Ek hou van hip-hop dans.
Gunsteling fliek: The Fast and the Furious.
Jy kan my bederf met…Kerrie en roti.
My boodskap aan studente: Veiligheid begin by jouself. Respekteer mekaar en help ander.