Skip to main content

Gids vir CHELSA-lede

Kwalifiserende instansies

Alle universiteite wat lid is van die Committee of Higher Education Libraries of South Africa (CHELSA)

'n CHELSA-toestemmingbrief van die tuisbiblioteek en toepaslike identifikasie word vereis vir toegang en uitleenvoorregte vir akademiese en navorsingspersoneel en magister- en doktorale studente. Dit sluit nie toestemming in om die biblioteek vir studiedoeleindes te gebruik nie.

Toegang

Toegang tot alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is gratis, maar onderworpe aan positiewe identifikasie deur middel van 'n geldige identiteitsdokument (foto-identifikasie is noodsaaklik). Geen eet- of drinkgoed word toegelaat nie. Slegs water in morsvrye houers. Sien Biblioteekure.

Uitleenvoorregte

  • Aantal lenings: 6 items
  • Uitleenperiode: 14 dae per item
  • Hernuwings: 2 per item (binne maksimum hernuwingsperiode van 42 dae) behalwe as iemand anders dit bespreek het. 
    Hernu aanlyn of doen navraag by 'n personeellid.
  • Terugbesorging: By Kliëntediens in die US Biblioteek of die uitleentoonbank van enige van die takbiblioteke. Boeke kan terugbesorg word deur dit in die boekposbusse by die biblioteekingange te plaas.
  • Boetes en betaling: Slegs SnapScan en EFT betalings word aanvaar.
    Boetes vir laat items: R2.00 per item per dag
    Boetegrens: R30.00 (Uitleenvoorregte sal opgeskort word wanneer hierdie limiet oorskry is tot op datum wat die boete vereffen is).
    Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens
  • Bespreek boeke wat uitgeleen is: Gratis en sonder beperking. 
    Bespreek aanlyn of doen navraag by 'n personeellid.
  • Uitleenbare materiaal: Alle itemtipes waar POLICY aangedui is as “Loanable"

Dienste

Vind boeke, artikels en ander inligtingsbronne

Gebruik die soekfunksie op die biblioteektuisblad of kies Databasisse of E-tydskrifte vanaf die VIND-spyskaart. 

Aanwysings is beskikbaar by Find, access and use information effectively: a step by step guide.

 

Dienste beperk tot US-personeel en geregistreerde studente

  • As gevolg van lisensie-ooreenkomste is toegang tot sekere elektroniese bronne beperk tot personeel en studente wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is.
  • Reserwe
  • Interbiblioteeklenings

Ander dienste

CHELSA-lede kan druk, kopieer of skandeer deur die Maties Copy and Print winkel in die Neelsie Studentesentrum te gebruik.
  • Besoekers mag internettoegang vanaf hul eie toerusting met koordlose toegang verkry.
  • Internet via die Eduroam wêreldwye koordlose netwerkdienste vir die internasionale navorser en onderwysgemeenskap, is toeganklik vir besoekende studente, navorsers en personeel van deelnemende instansies.