Skip to main content

Toelatings- en keuringsvereistes

Basiese toelatingsvereistes

Neem asseblief kennis van die Universiteit van Stellenbosch se Toelatingsbeleid en Voorwaardes en bepalings vir nuwe aansoeke.


Om jou NSS te slaag in Gr. 12 moet jy 'n minimum van 7 vakke hê. Van hierdie vakke word die volgende vereis: 

  • Twee (2) Suid-Afrikaanse tale;
  • Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid (1);
  • Drie (3) 20-kredietvakke en;
  • Lewensoriëntering.


Verder moet jy slaag met ten minste:

  • 40% minimum vir jou Huistaal;
  • 40% vir twee ander vakke;
  • 30% vir twee ander vakke waarvan een 'n amptelike taal op eerste addisionele- of Huistaal-vlak is;
  • 20% in jou finale vak.


​*Lewensoriëntering word nie gebruik wanneer jou gemiddeld bereken word nie.

  • 30% vir 'n Suid-Afrikaanse taal van leer en onderrig (Engels of Afrikaans), en
  • 'n prestasievlak van 4 (50%-59%) in vier 20-kredietvakke.

Ons gebruik die hoogste punt in Suid-Afrikaanse taal van leer en onderrig (Afr/Eng) + (5 x beste resultate in 20-krediet vakke uitgesluit Lewensoriëntering, Gevorderde Wiskunde, Wiskunde 3 en enige ander nie-NSS-vakke). Hierdie totaal word dan gedeel deur 6.

  • finale skooluitslae van International Curricula (Cambridge International, International Baccalaureate, ens.), insluitende School of Tomorrow
  • klik hier vir die minimum vereistes vir internasionale kurrikulums. (Cambridge A-vlakke, AS-vlakke, GCSE / IGCSE / O-vlakke, IB-diploma, Amerikaanse skool en Abitur).
  • Jy moet ook voldoen aan die program van jou keuse se spesifieke vereistes soos aangegee by die programbeskrywings onder die betrokke Fakulteit. 
Students at Victoria Hub
Image by: Stefan Els

Fakulteitskeuringsriglyne

Groot getalle voornemende studente doen aansoek vir ons programme en plekke is ongelukkig beperk. Al voldoen jy dus aan die minimumvereistes van 'n program, is dit nie 'n waarborg dat jy in die program van jou keuse 'n plek gaan kry nie.