Skip to main content
Rektor nooi personeel na US se eerste virtuele personeelbyeenkoms

Rektor nooi personeel na US se eerste virtuele personeelbyeenkoms

Corporate Communication
31 Julie 2020

​Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, nooi alle personeel van die Universiteit Stellenbosch (SU) uit na die tweede Personeelbyeenkoms van 2020. Die vergadering sal vir die eerste keer ooit aanlyn plaasvind, weens inperkingsregulasies om die koronaviruspandemie te stuit.

Die uitwerking van COVID-19 op die US – bestekvoorraadopname en die pad vorentoe

Datum:                Woensdag, 5 Augustus 2020 Tyd:                      11:00–12:00 Formaat:             MS Teams Live

Skakel:  Gaan asb na die jongste uitgawe van nuus@StellenboschUni​ (wat Vrydag, 31 Julie aan alle personeel uitgestuur is) vir die skakel.              

Lede van die bestuurspan sal personeel inlig oor belangrike gebeure sedert ons vorige byeenkoms in Februarie, en sal vrae van deelnemers beantwoord. (Jy sal vrae tydens die vergadering kan stel, maar stuur solank jou vrae vroegtydig per e-pos na [email protected].)

Die meeste van ons werk nog steeds van die huis af en het nog nie na die kampus teruggekeer nie. Personeel sal egter die byeenkoms kan volg waar hulle ook al is deur op die skakel hierbo te klik. Dit sal werk solank jy 'n aktiewe internetverbinding het, selfs al is MS Teams nie op jou rekenaar of slimfoon geïnstalleer nie.

Laat ons saam kom, al is ons nie bymekaar nie! Neem 'n selfie en deel dit solank met jou kollegas – stuur dit na [email protected] en ons sal die res doen.