Breadcrumb
Natuurwetenskap
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n vooraanstaande fakulteit vir opleiding en navorsing in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe. Met agt departemente, verskeie navorsingsentrums, institutte en navorsingsleerstoele bied ons ’n stimulerende akademiese omgewing waar studente op alle vlakke – van voorgraads tot nagraads – met komplekse wetenskaplike uitdagings werk en aangemoedig word om volhoubare oplossings te ontwikkel.
Jy leer om krities te dink wanneer jy wetenskaplike uitdagings aanpak, gebaseer op ’n stewige grondslag in die natuurwetenskappe. Met toegang tot gevorderde analitiese toerusting en moderne laboratoriumfasiliteite kry jy volop geleenthede vir praktiese opleiding en die ontwikkeling van jou analitiese vaardighede – sodat jy hierdie uitdagings met insig en selfvertroue kan benader.
What can I study?
Our social impact
Our research
Faculty stories
Persverklaring
Xichavo Makhubele open nuwe deure vir sy gesin met US-honneursgraad
Xichavo Irvin Makhubele het op die dorpie Magoro in Limpopo grootgeword waar generasies langs mekaar gewoon het, en waar die ritmes van die daaglikse lewe deur...
Persverklaring
Waardigheid herstel – chemie-gegradueerde van US se reis na sukses
Blessed Muyanga het in 2022 na die Universiteit Stellenbosch (US) gekom vir 'n wetenskapsgraad en 'n gevoel van onafhanklikheid. Hy het nooit gedink hy sou die...
Persverklaring
US-mentors vorm Handré Muller se pad na die bemeestering van wetenskap
In 2019 het ’n groep akademici van die Universiteit Stellenbosch (US) ’n klaskamer by die Hoërskool Lückhoff op Stellenbosch binnegestap om praktiese werk in...