Welkom by die Registrateurs se Verantwoordelikheidsentrum
Die VS verseker dat kritieke prosesse volgehou word om aan 'n reeks statutêre en kontraktuele vereistes te voldoen, terwyl professionele en diensgeoriënteerde akademiese administrasie, studenteondersteuning, oorsig-funksie ondersteuning, en regsdienste aan die universiteit se interne en eksterne belanghebbendes verskaf word.
Die VS bestaan uit die volgende omgewings:
- Oorsigbestuur, Etiek en Wetlike Nakoming
- Regsdienste
- Aansoeke, Studenteakkomodasie en Kliëntediens
- Studente-inligtingstelsel-steun
- Akademiese Administrasie (Stellenbosch- en Bellville Park-kampus)
- Akademiese Administrasie (Tygerberg-kampus)
2025 Almanak | 2025 Registrasie (nuwe en terugkerende studente) | 2025 Kwartaaldatums en assesserings