Breadcrumb
Natuurwetenskap
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n vooraanstaande fakulteit vir opleiding en navorsing in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe. Met agt departemente, verskeie navorsingsentrums, institutte en navorsingsleerstoele bied ons ’n stimulerende akademiese omgewing waar studente op alle vlakke – van voorgraads tot nagraads – met komplekse wetenskaplike uitdagings werk en aangemoedig word om volhoubare oplossings te ontwikkel.
Jy leer om krities te dink wanneer jy wetenskaplike uitdagings aanpak, gebaseer op ’n stewige grondslag in die natuurwetenskappe. Met toegang tot gevorderde analitiese toerusting en moderne laboratoriumfasiliteite kry jy volop geleenthede vir praktiese opleiding en die ontwikkeling van jou analitiese vaardighede – sodat jy hierdie uitdagings met insig en selfvertroue kan benader.
What can I study?
Our social impact
Our research
Faculty stories
Persverklaring
Nuwe Afrika-sampioenspesie bevestig evolusionêre oorsprong van towersampioen
’n Uitgerekte debat oor die evolusionêre oorsprong van Psilocybe cubensis – die “towersampioen” wat wêreldwyd die meeste gekweek word, is dalk nou op ’n einde –...
Persverklaring
Dowe student behaal BScHonneursgraad
Doof met ’n hoofletter D en trots daarop!
Dit is met hiérdie ingesteldheid waarmee Trevolin Pillay hierdie week oor die verhoog sal stap om sy HonsBSc-graad in...
Innovasie en entrepreneurskap
“Buite-die-boks”-tegnologieë nodig om multimiddelweerstandige patogene te beveg
Van die nuutste “buite-die-boks”-tegnologieë en navorsing in die stryd teen multimiddelweerstandige patogene – in hospitale se Intensiese sorg-eenhede en die...