Breadcrumb
Natuurwetenskap
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n vooraanstaande fakulteit vir opleiding en navorsing in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe. Met agt departemente, verskeie navorsingsentrums, institutte en navorsingsleerstoele bied ons ’n stimulerende akademiese omgewing waar studente op alle vlakke – van voorgraads tot nagraads – met komplekse wetenskaplike uitdagings werk en aangemoedig word om volhoubare oplossings te ontwikkel.
Jy leer om krities te dink wanneer jy wetenskaplike uitdagings aanpak, gebaseer op ’n stewige grondslag in die natuurwetenskappe. Met toegang tot gevorderde analitiese toerusting en moderne laboratoriumfasiliteite kry jy volop geleenthede vir praktiese opleiding en die ontwikkeling van jou analitiese vaardighede – sodat jy hierdie uitdagings met insig en selfvertroue kan benader.
What can I study?
Our social impact
Our research
Faculty stories
Eerste “onderrighandboek” oor outofagie nou beskikbaar
'n Komplekse sellulêre proses genaamd outofagie is die onderwerp van 'n belangrike nuwe handboek wat meer as 30 jaar se navorsing in hierdie groeiende...
Nuwe navorsing oor Alzheimer-middel memantine, werp lig op nuwe meganisme in handhawing van selgesondheid
Memantine is een van die hoof farmakologiese middels wat voorgeskryf word vir pasiënte wat aan matige tot erge Alzheimer se siekte ly. Desondanks 'n 8,5%...
Waardevolle uitruil van kundigheid oor ekstrasellulêre vesikels
Mai Wageh, 'n PhD-student van McMaster Universiteit in Kanada, het onlangs ses weke in prof Kathy Myburgh se navorsingslaboratorium by die Universiteit...