Skip to main content

Hoe om aansoek te doen vir nagraadse studie

Nagraadse koördineerder: Dr A. de Villiers (amdev@sun.ac.za)​
Administratiewe navrae: Ms L. Damons ([email protected])

Hoonneurs in Antieke Kulture of Antieke Tale​

Sperdatum for aansoeke: Gewoonlik die einde van Oktober (kontak asseblief die Universiteit se Almanak/of die departement rakende die spesifieke datum).

Toelatingsvereistes: 'n Baccalaureusgraad (met 'n minimum van 60% gemiddeld) met Antieke Kulture of Antieke Tale as hoofvak met 'n gemiddelde van minstens 60%. Die departement sal elke aansoek van geval tot geval beoordeel. Kennis van antieke tale is nie nodig nie (antieke tekste sal in vertaling gelees word).

Registrasie sperdatum: einde Maart (kontak asseblief die Universiteit se Almanak/of die departement rakende die spesifieke datum).

Prosedure:

  1. Alle aansoekers wat tans as SU-studente geregistreer is, word aangemoedig om aanlyn aansoek te doen op die My.Sun-studenteportaal: https://sso.sun.ac.za/login?service=https://web-apps.sun.ac.za/HuidigAansNg/shiro-cas (Voorgraads>> Studie >> Aansoek Nagraadse Studie).
  2. Indien u nog nie by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is nie, kan u direk op die Universiteit se webwerf aansoek doen by www.maties.com en by http://www0.sun.ac.za/pgstudies/how-to-apply.html. Internasionale studente moet die instruksies vir voornemende studente volg by www.sun.ac.za/international.
  3. Aansoekers kan gevra word om 'n akademiese skryfstuk in te dien.
  4. 'n Departementele komitee sal die aansoeke oorweeg op grond van 'n persoon se vorige studierekord. Indien die aansoeker nog nie hul graad voltooi het nie, kan diegene wat aan die kriteria voldoen, 'n voorlopige aanvaarding ontvang op grond van hul prestasie tot op datum. Finale toelating tot die program sal afhang van die uitkoms van hul finale punte vir hul huidige graad.
  5. Studente moet hul plek aanvaar of van die hand wys deur 'n e-pos te stuur na Dr. de Villiers en Me. Damons.
  6. Nadat aansoekers tot die program toegelaat is, moet hulle formeel registreer sodra die akademiese jaar begin.

 

MA in Antieke Kulture of Antieke Tale

Sperdatum vir aansoeke: Gewoonlik einde Oktober (kyk asseblief na die Universiteit se Almanak vir die spesifieke datum).

Toelatingsvereistes: 'n Toepaslike Honneursgraad (met 'n minimum van 65% gemiddeld). Aantoonbare navorsings- en skryfvaardighede. Die departement sal elke aansoek van geval tot geval beoordeel.

Registrasie sperdatum: Einde Maart (kyk asseblief na die Universiteit se Almanak rakende die spesifieke datum).

Prosedure:

  1. Voordat u aansoek doen, moet u 'n idee hê van die gebied waarin u wil werk, asook 'n voorlopige, breed geformuleerde onderwerp. Raadpleeg asseblief die navorsingskundigheidsgebiede en studieleiers wat deur ons departement aangebied word (kyk na die personeelprofiele en hul kundigheidsgebiede). U moet 'n potensiële studieleier per e-pos (of persoonlik indien u op kampus is) nader voordat u met die aansoekproses begin. Indien u onseker is oor 'n geskikte studieleier en onderwerp, kontak die Nagraadse Koördineerder vir advies.
  2. Alle aansoekers wat tans as SU-studente geregistreer is, kan aanlyn aansoek doen op die My.Sun-studenteportaal.: https://sso.sun.ac.za/login?service=https://web-apps.sun.ac.za/HuidigAansNg/shiro-cas (Voorgraadse>> Studie >> Aansoeke Nagraadse Studie).
  3. Indien u nie reeds by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is nie, kan u direk op die Universiteit se webwerf aansoek doen by www.maties.com en by http://www0.sun.ac.za/pgstudies/how-to-apply.html. Internasionale studente moet die instruksies vir voornemende studente volg by www.sun.ac.za/international.
  4. Die departement sal die aansoek evalueer en aansoekers sal teen middel November oor die uitslag in kennis gestel word.
  5. Indien die student se aansoek goedgekeur word, sal die student dan die navorsingsvoorstel in oorleg met die studieleier voorberei vir voorlegging aan die Departementele Uitvoerende Komitee.
  6. Nadat aansoekers tot die program toegelaat is, moet hulle formeel registreer sodra die akademiese jaar begin.

 

PhD in Antieke Kulture of Antieke Tale

Sperdatum vir Aansoeke: Gaan asseblief die Universiteitsalmanak na vir die spesifieke datum.

Toelatingsvereistes: 'n Meestersgraad in die vereiste veld. Aantoonbare navorsings- en skryfvaardighede. Die departement sal elke aansoek van geval tot geval beoordeel.

Registrasie sperdatum: Einde Maart.

Prosedure:

  1. Voordat 'n kandidaat aansoek doen, moet hy/sy 'n duidelike idee hê van die potensiële onderwerp en begin het om met 'n studieleier oor die onderwerp te skakel (kyk na die personeelprofiele en hul kundigheidsgebiede om jou te help om 'n geskikte studieleier te vind). Jy word aangemoedig om 'n potensiële studieleier per e-pos te nader (of persoonlik as jy op kampus is) of, indien jy onseker is oor 'n geskikte studieleier en onderwerp, kontak die Nagraadse Koördineerder vir advies.
  2. Sodra 'n kandidaat en toesighouer oor die projek ooreengekom het, kan die student aansoek doen.
  3. Sodra 'n kandidaat en toesighouer oor die projek ooreengekom het, kan die student aansoek doen.
  4. Indien aanvaar, kan die student dan inskryf as 'n student wat vir hul PhD voorberei, wat toegang tot hulpbronne verleen, maar nog nie 'n registrasie is nie.
  5. Sodra die studieleier tevrede is met die voorstel, sal dit aan 'n Toelatingskomitee gestuur word vir kommentaar en hersienings.
  6. Sodra die voorstel goedgekeur is, kan die student formeel registreer. Let asseblief daarop dat die PhD-voorstel by Stellenbosch 'n aansienlike dokument is wat die projek uiteensit en dit 'n paar maande neem om voor te berei voordat dit aan 'n Toelatingskomitee voorgelê kan word.