Winnie Rust
    18 Mei 2016
  
    Die Dokumentesentrum, JS Gericke Biblioteek, betreur die onlangse, sinnelose moord op Winnie Rust, 'n baie geliefde inwoner en skrywer van Wellington. Winnie was in 2015 die spreker by die sesde Dokumentesentrumlesing en is die skrywer van o.a. Martha: Countess of Stamford en Trek.
Winnie se manuskripversameling word in die Dokumentesentrum gehuisves.