Skip to main content

Title Missing

Page Content

BEROEPSVOORLIGTING

As jy beroepsvoorligting nodig het, het die Eenheid toegewyde voorligters en sielkundiges om jou te ondersteun. Maak ʼn inname-afspraak waartydens die voorligter of sielkundige jou behoeftes sal assesseer. Afhangend van wat die uitkoms is, sal ons ʼn voorstel maak vir die pad vorentoe, wat bykomende psigometriese assesserings of die ondersoekende (narratiewe) benadering kan insluit. ​Besoek ons by Victoriastraat 37, e-pos ons by [email protected] of skakel ons by 021 808 4707.