Skip to main content
Stellenbosch university

Patologie

Patologie is die grondslag van die mediese wetenskappe. Dit maak akkurate diagnoses en doeltreffende behandelings moontlik. Ons departement bring kundiges bymekaar in anatomiese, chemiese, forensiese en hematologiese patologie, sowel as mediese mikrobiologie en virologie. Saam vorm ons ’n leier in diagnostiese uitnemendheid.

In noue samewerking met die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens by Tygerberg-hospitaal is ons leiers opd ie gebied van digitale patologie en gevorderde molekulêre diagnostiek. Só kan ons aansteeklike kieme en kankermerkers vinnig identifiseer – wat ’n werklike verskil aan pasiëntuitkomste maak.

Ons het innoverende forensiese protokolle ontwikkel wat die akkuraatheid van nadoodse ondersoeke verbeter, en belangrike bydraes gelewer tot navorsing oor bloedsiektes – wat nou behandelingstrategieë help bepaal. Deur navorsing aan die spits van mediese vooruitgang te kombineer met praktiese diagnostiese kundigheid, dra ons voortdurend by tot ’n gesonder Suid-Afrika.
 

Kontak ons
+27 21 938 9691
[email protected]

+27 21 938 9354
[email protected]

Straatadres
Tygerberg-kampus
Francie van Zijl-rylaan
 

"Ons het innoverende forensiese protokolle ontwikkel wat die akkuraatheid van nadoodse ondersoeke verbeter, en grondverskuiwende bydraes gelewer tot navorsing oor bloedsiektes." 

Ons afdelings

Anatomiese Patologie

Hier leer jy hoe om siektes op weefselvlak te bestudeer deur praktiese ervaring in histopatologie, sitologie en molekulêre patologie. Die afdeling speel ’n sleutelrol in diagnose, onderrig en navorsing.

Forensiese Geneeskunde

As student in hierdie veld sien jy hoe mediese kennis in diens van geregtigheid gestel word. Jy werk saam met forensiese spesialiste en leer om nadoodse ondersoeke en medies-regtelike assesserings met presisie uit te voer.

Mediese Mikrobiologie

Hier ondersoek jy aansteeklike siektes – van bakteriële en virale infeksies tot weerstand teen antibiotika. Jy word toegerus met vaardighede in diagnostiese mikrobiologie, infeksiebeheer en immunologiese reaksies op kieme.

Chemiese Patologie

Jy verken hoe biochemiese veranderinge in die liggaam dui op siektetoestande. Jy leer hoe om laboratoriumontledings te gebruik vir akkurate diagnose en doeltreffende monitering van pasiënte, en bou sodoende jou vaardighede in kliniese biochemie uit.

Hematologiese Patologie

Jy verdiep jou kennis van bloedsiektes soos anemie, leukemie en stollingsversteurings. Jy leer hoe om hierdie toestande te diagnoseer en te monitor, terwyl jy ook laboratoriumtegnieke en navorsing in bloedpatologie onder die knie kry.

Mediese Virologie

Jy bestudeer virusse wat mense se gesondheid raak – insluitend MIV, hepatitis en nuwe infeksies. Jy ontwikkel vaardighede in molekulêre diagnostiek en epidemiologie van virussiektes, en leer hoe diagnostiek en navorsing hand aan hand loop.