Skip to main content

Stelsels, Sprinkelstelsels, Simulasies: Brandingenieurswese in die praktyk

Die Tegnieke in Brandingenieurswese-module omskep klaskamerkonsepte in praktiese vaardighede vir veiliger gebouontwerp. Die praktiese week beklemtoon die US se verbintenis tot die opleiding van ingenieurs

Eerstejaar ingenieurstudent onder Top 10 innoveerders by YouthX Nedbank-toekennings

SU Ingenieurstudent Tumelo Mokoena is by die 2025 YouthX Nedbank-toekennings as een van Suid-Afrika se top 10 innoveerders aangewys.

Fakulteit Ingenieurswese skitter by 2025 Navorsings- en Innovasie Uitnemendheidstoekennings

Die jaarlikse Universiteit Stellenbosch (US) Toekennings vir Navorsings- en Innovasie-uitnemendheid het op 30 Oktober 2025 by die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studie (STIAS) plaasgevind Vyftien pryswenners binne die Fakulteit Ingenieurswese weerspieël die US se verbintenis tot navorsing.

Ingenieursgegradueerde wen wêreldwye Bosbou-Innovasieprys

Universiteit Stellenbosch-alumnus Christopher Erasmus, is internasionaal erken as die wenner van die 2025 Bosbou-Innovasieprys by die Voedsel- en Landbou-organisasie se Wêreldvoedselforum.. Vir sy meestersnavorsing het Christopher ’n laekoste, draadlose dendrometer- en omgewingsmoniteringstelselvir volhoubare presisiebosbou ontwikkel.

US-ingenieurstudent aangewys as 2025 Google PhD-genoot

Simon Malan, ’n student in Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese van die Universiteit Stellenbosch (US), is as 2025 Google PhD-genoot aangewys. Sy navorsing ondersoek hoe berekeningsmodelle woorde uit ’n taal kan leer bloot deur na spraak te luister.

Prof John Babafemi baan die weg vir volhoubare beton

Prof John Babafemi van die Departement Siviele Ingenieurswese het Dinsdag 14 Oktober 2025 sy intreerede gelewer. Sy navorsing fokus op die ontwikkeling en toetsing van volhoubare beton. Hy bevorder materiaaldoeltreffendheid en omgewingsvolhoubaarheid in die sement- en betonsektor.

Prof Ryno Laubscher ondersoek diepleer vir termiese vloeistofstelsels

Prof Ryno Laubscher van die Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese het op 2 Oktober 2025 sy intreerede gelewer Hy wend diepleer aan om energiestelselkomponente te optimaliseer Sy navorsing is van toepassing op steenkoolkragstasie-herverhitters en lugverkoelde kondensors

Elektriese Mobiliteits-laboratorium wen twee gesogte Africa Supply Chain Excellence-toekennings

Die Elektriese Mobiliteits-laboratorium van die Universiteit Stellenbosch is bekroon met twee toppryse by die 2025 Africa Supply Chain Excellence Awards (ASCEA).

Stellenbosch Ingenieurswese-span wen Nasionale Universiteitsonderrigtoekenning

Dosente van Stellenbosch Ingenieurswese het die 2025 Nasionale Universiteitsonderrigtoekenning (NUTA) gewen. Die toekenning beklemtoon uitnemendheid deur sterk samewerking tussen departemente.

US se Prof McGregor aangestel as eerste ACWA Power leerstoel in Gekonsentreerde Sonkrag

Vername aanstelling Strategiese vennootskap Impakte en nalatenskap
Subscribe to