Breadcrumb
Om saam te lei
'n Jaar van rigtinggewing, 'n toekoms van lewering.
Prof Deresh Ramjugernath
Rektor en Visekanselier
Een jaar sedert die aanvang van sy ampstermyn as Rektor en Visekanselier, besin prof Deresh Ramjugernath oor 'n tydperk wat daarop gefokus was om duidelike rigting te gee en die grondslag vir langtermyn-impak te versterk. Met 'n sterk klem op gedeelde verantwoordelikheid, insluiting en doelgerigte uitnemendheid, bevorder die Universiteit sy Visie 2040 om te verseker dat sy onderrig, navorsing en innovasie in betekenisvolle impak vir die samelewing omgesit word.
Die leierskapsreis van
prof Deresh Ramjugernath
Prof Deresh Ramjugernath se reis van uitgelese navorser en vakkundige tot die hoogste sport as Rektor en Visekanselier by die Universiteit Stellenbosch (US) weerspieël jare se akademiese prestasie en leierskapservaring. Hier is die belangrikste mylpale op hierdie reis:
1 Januarie 2021 —
Sluit by die US aan as Viserektor: Leer
en Onderrig
1 April 2025 —
Aanvaar die amp as Rektor
en Visekanselier
— Voor sy koms na die US
Internasionaal erkende vakkundige in chemiese ingenieurswese en Viserektor: Navorsing en Proviserektor: Innovasie, Kommersialisasie en Entrepreneurskap aan die Universiteit van KwaZulu-Natal
— 5 September 2024
Die Raad kondig prof Ramjugernath se aanstelling as die 13de Rektor en Visekanselier van die US aan.
— 1 Oktober 2025
Amptelike inhuldiging
'n Jaar in beeld
Hierdie foto’s vang sleuteloomblikke in prof Ramjugernath se eerste jaar as Rektor en Visekanselier vanaf sy inhuldiging tot internasionale skakeling met alumni en belanghebbendes vas.
In die media
As 'n ervare leier in die hoër onderwys met uitgebreide senior uitvoerende ervaring in Suid-Afrika, het prof Ramjugernath gereeld in die media (aanlyn, gedrukte en uitsaaimedia) verskyn en sy insigte oor verskeie aspekte van die sektor gedeel.
Die pad vorentoe
Onder leiding van prof Ramjugernath is die Universiteit besig om 'n doelgerigte en daadkragtige koers in te slaan om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit en die vasteland se eerste Top 100-universiteit in die wêreld te word.
Die Strategieplan 2026–2030 wat onlangs bekendgestel is, bied die padkaart na Visie 2040. Hoewel die ses kern strategiese temas onveranderd bly, het die Universiteit sy doelwitte en oogmerke rondom drie prioriteitsfokusgebiede verfyn:
Akademiese uitnemendheid
Mense, prosesse
en kultuur
