Werkswinkels
Positive leadership, positive change: Hierdie werkswinkel is spesifiek vir personeel van Universiteit Stellenbosch ontwikkel en word as 'n samewerkende inisiatief tussen die Eenheid vir Gelykwaardigheid, die Transformasiekantoor en die Eenheid vir Gestremdheid aangebied. Gerig op akademiese en dienspersoneel op middelbestuursvlak, stel dit ten doel om die nodige kennis, vaardighede en houdings by universiteitspersoneel te ontwikkel om positief tot die bestuur van transformasie, geslag, gestremdheid, MIV, onbillike diskriminasie, teistering, seksuele teistering en viktimisasie by te dra.
Akademiese aanbiedings en kurrikuluminisiatiewe: Die Eenheid vir Gelykwaardigheid bied werkswinkels, akademiese aanbiedings en kurrikuluminisiatiewe vir verskeie fakulteite, departemente, koshuise en studenteverenigings aan.
Kontak asseblief [email protected] vir verdere inligting of om 'n bewustheidsessie of -werkswinkel aan te vra. Volg ons asseblief op Facebook en Twitter vir die nuutste inligting rakende opleiding en werkswinkels.