Skip to main content

Waar Staan Ek?

Jou punte is inligting - nie jou identiteit nie

Ongeag hoe jou semester lyk, volg hierdie gids om te sien waar jy staan en om te besluit wat jy volgende gaan doen.  Daar is ondersteuning vir elke roete en elke roete lei na 'n toekoms.

Neem bestek op oor die afgelope semester:

Wat het goed vir my gewerk?  | Wat het nie uitgewerk soos ek gehoop het nie? | Wat sou ek anders gedoen het? | Wat het ek misgekyk?

Vra jouself af - met hoeveel van my modules sukkel ek, of het ek gedruip?

Keep going

Gaan voort

Meestal op koers.

Het die meeste modules geslaag.

Pause and consult

Neem 'n oomblik en vra raad

Verskeie modules het aandag nodig.

Betrek ander om jou koers te help beplan.

Seek support urgently

Verken jou opsies

Beduidende akademiese risiko

Drie of meer modules het aandag nodig.

Hierdie kategorieë is 'n vertrekpunt, nie 'n uitspraak nie. Waar jy ook al beland, wys die volgende stappe jou roete.

Het die meeste modules geslaag. Het met een of twee agtergeraak. Die grondslag is stewig.

  • Versnet die pas — Verfris jou studiestrategieë vir die modules waarmee jy agtergeraak het.
  • Hou weer jou “waarom” voor oë. — Hernu jou dryfkrag en langtermyndoelwitte.
  • Maak van StudySuccess gebruik — Maak ’n afspraak vir ’n werksessie of individuele konsultasie.
  • Neem elke week bestek op — Hou tred met jou vordering en vier klein oorwinnings.
  • Woon akademiese vaardighede werksessies by — bou op die strategieë wat reeds vir jou werk.

Verskeie modules het aandag nodig. 

Betrek ander om jou koers te help uitstip.

  • Maak ’n afspraak by jou fakulteitsadviseur — Kry duidelikheid oor jou situasie en opsies.
  • Gesels met ’n SSVO-berader — Oor stres, angstigheid en die emosionele las.
  • Besin daaroor of die program jou pas — Is dit steeds die regte roete vir jou, soos sake staan?
  • Verstaan die praktiese aspekte — Vra oor registrasie, gelde en hernuwings.

Beduidende akademiese risiko:  

Werklik ’n kans om anders na sake te kyk – nie ’n mislukking nie.

  • Maak dringend ’n afspraak by jou fakulteitsadviseur — Dit is die eerste en die belangrikste stap.
  • Reik uit vir emosionele ondersteuning — Jy hoef nie alles alleen te dra nie
  • Verken ander roetes — Ander programme, vakgebiede of roetes is geldige opsies.
  • Heromskryf jou drome — Iets nuuts kan vorm aanneem – verskillende toekomste is nog vir jou oop.

Opsies vir akademiese advies


Jy het nie vandag al elke antwoord nodig nie. 

Kies een volgende stap wat jy vandeesweek kan uitvoer – ’n gesprek, ’n afspraak, ’n gewoonte. Klein, moedige dade verander stuk-stuk ’n semester.

  1. Maak 'n afspraak met jou fakulteitsadviseur of by SSVO
  2. Bespreek 'n werksessie
FakulteitAdviseurE-pos
AgriWetenskappeNatasja Brown[email protected]
Ekonomiese en BestuurswetenskappeIlse Frans[email protected]
Lettere en Sosiale WetenskappeKhanyisa Xinwa[email protected]
OpvoedkundeEune Lourens[email protected]
IngenieursweseNatalie White[email protected]
RegsgeleerdheidBradley Greenhalgh[email protected]
GesondheidswetenskappeLamese Chetty[email protected]
NatuurwetenskappeLauren Onraet[email protected]
KrygskundeKristin van der Merwe[email protected]
TeologieNienke Kemm[email protected]