Uitvoerende Hoof: Mensesake
Prof Nico Koopman
Waarnemende Uitvoerende Hoof: Mensesake
Contact
Prof Nico Koopman is die Waarnemende Uitvoerende Hoof: Mensesake aan die Universiteit Stellenbosch (US), professor in publieke teologie en etiek en voormalige Dekaan van die US se Fakulteit Teologie. Hy is ’n stigterslid en was voorsitter van die Global Network for Public Theology (’n wêreldwye netwerk vir openbare teologie) en is ’n genoot van die Institute for Theological Inquiry (’n instituut vir teologiese ondersoek) in Princeton, New Jersey (VSA).
Sy navorsing is op temas soos onvervreembare waardigheid, helende versoening, omarmende geregtigheid, verantwoordelike vryheid en gelykwaardigheid gefokus, asook op die wedersydse en transformerende impak wat universiteite en die onderskeie sfere van die samelewing op mekaar het – onder meer die politiek, ekonomie, natuurlike omgewing, burgerlike samelewing en vorming van die openbare mening. Hy neem plaaslik asook internasionaal deel aan openbare diskoerse in die akademie, kerke en breër gemeenskap.