Die Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, Professor Deresh Ramjugernath, nooi u hartlik uit na die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut se 15de bestaansviering van uitnemende studenteleierskap, asook die jaarlikse Frederik Van Zyl Slabbert-erelesing wat deur die Sentrum vir Studentelewe en leer aangebied word.
Sluit by ons aan vir die 20ste Jaarlikse Menseregtelesing, "'n Reg om Aan te Bly: Ruimtelike Geregtigheid en 'n Transformatiewe Benadering tot Behuisingsregte", aangebied deur Regter Rammaka Steven Mathopo.