'n Nuwe immersiewe fasiliteit by die US Biblioteek stel studente en navorsers in staat om hulle binne-in komplekse data te plaas. Die laboratorium plaas die US aan die voorpunt van immersiewe akademiese infrastruktuur.
Die laboratorium is as 'n gedeelde, interdissiplinêre ruimte ontwerp en ondersteun onderrig, navorsing en innovasie regoor fakulteite heen.
Dit bring virtuele en uitgebreide werklikheidstegnologieë in ʼn 270° panoramiese datavisualiseringsfasiliteit bymekaar. Die Laboratorium vir Immersiewe Tegnologie is as 'n "volledige immersiewe" projeksie-gebaseerde ervaring ontwerp.
Wie mag dit gebruik
Die fasiliteit is gereserveer vir personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch. Jy benodig 'n geldige studente-/personeelkaart van die Universiteit Stellenbosch om toegang te verkry.
Waar om ons te vind
Universiteit Stellenbosch Biblioteek, boonste vlak.
Openingsure
Maandag - Vrydag: 08:00 - 16:30.
Saterdag: Gesluit
Kontak ons
Die Laboratorium vir Immersiewe Tegnologie is gelanseer!
Studente en Personeel — 2026 is die jaar om te ervaar, te ontwerp en te innoveer soos nog nooit tevore nie.
Wat jy sal ontdek:
Interaktiewe 3D-omgewings vir leer en navorsing
Kundige leiding om jou immersiewe idees lewe te gee
Geen vorige ervaring nodig nie — nuuskierigheid verleen toegang!
Die Laboratorium vir Immersiewe Tegnologie is as 'n uitbreiding van die bestaande Innovasieruimte geïmplementeer. Die laboratorium voeg verbeterde visualiseringsdienste by die biblioteek se bestaande aanbod van steundienste vir datavisualisering. Dit brei die Innovasieruimte se reeks 3D-inhoudskeppings- en redigeringsdienste uit en integreer bestaande dienste ten opsigte van geletterdheidsopleiding in datavisualisering, ervarings met kopgemonteerde virtuele realiteit- (VR) skerms en nuwe navorsingsdatavisualiseringsdienste in een gekonsolideerde immersiewe visualiseringsfasiliteit. Dit posisioneer die laboratorium as ʼn unieke interdissiplinêre navorsingsteundiens by die US, toeganklik vir studente en personeel oor die hele spektrum van akademiese dissiplines.
Personeel en studente wat die Laboratorium vir Immersiewe Tegnologie gebruik sal ervaar dat hulle visueel verdiep in 'n projek raak deur tegnologieë soos virtuele en uitgebreide werklikheid toe te pas om uiters boeiende, nagebootste ervarings vir onderrig, navorsing, opleiding en die bedryf te skep. Voorbeelde van die praktiese gebruik hiervan is verpleegstudente wat hospitaalprosedures oefen, ingenieurs wat op ʼn virtuele konstruksieterrein stap, of klimaatwetenskaplikes wat onsigbare kweekhuisgas-data in sigbare en verstaanbare ervarings omskep.
Die implementering van die Laboratorium vir Immersiewe Tegnologie is ʼn uitvloeisel van die data-intensiewe omgewing waarin hoëronderwysinstansies met 'n sterk navorsingsfokus moet funksioneer.
