Skip to main content

Mathematica-kampuslisensie eindig 31 Desember 2025

20 November 2025

Neem asseblief kennis dat die Wolfram Mathematica-kampuslisensie op 31 Desember 2025 sal eindig en nie vir 2026 hernu sal word nie. Die kampuslisensie is voorheen gesamentlik deur drie fakulteite befonds. Mathematica word gebruik vir gevorderde tegniese berekeninge, insluitend komplekse wiskundige berekeninge, data-analise, modellering, simulasies en navorsing oor verskeie akademiese dissiplines soos ingenieurswese, natuurwetenskappe, wiskunde en ekonomie. 

Personeel, studente of departemente wat vanaf 1 Januarie 2026 toegang tot Mathematica benodig, sal hul eie lisensies direk moet verkry. Ons moedig gebruikers aan om tydig die nodige reëlings te tref om ’n gladde oorgang te verseker.