MPhil in Toegepaste Etiek
Hierdie program word elke tweede jaar aangebied. Aansoeke vir die inname van 2027 sal in Julie 2026 oopmaak.
Oorsig
Die Sentrum vir Toegepaste Etiek, in samewerking met die Departement Filosofie, bied ʼn eenjaar- MPhil-graad in toegepaste etiek aan. Hierdie graadprogram is daarop gemik om beroepslui op die gebied van geneeskunde, die sakewêreld, die omgewing, die regering, beleidsvorming, IT, onderwys en die NRO-sektor toe te rus met die kennis en vaardighede wat nodig is om die morele vraagstukke wat hulle op hulle onderskeie gebiede teëkom, aan te pak.
Studente registreer vir die MPhil (Toegepaste Etiek)-program en kies een van die volgende spesialiserings: biomediese etiek, besigheidsetiek, omgewingsetiek, die etiek van kunsmatige intelligensie, of sosiale en politieke etiek. Vir inligting oor die verskillende spesialiserings, klik op die skakels aan die regterkant.
Onderrigformaat
Studente handel die onderrigkomponent van die program in twee kontaksessies van een week elk af: een week in die eerste semester en een week in die tweede semester. Die eerste kontaksessie sal in Januarie of Februarie plaasvind, afhangende van die spesialisering. En die tweede een sal in die middel van die jaar plaasvind. Die onderrigtaal is Engels. Dit is nie nodig om in Stellenbosch te woon om vir hierdie program in te skryf nie, maar dit is verpligtend om die kontaksessies by te woon.
Programstruktuur
Die program bestaan uit ʼn keusemodule van 90 krediete en ʼn tesis van 90 krediete wat vir eksterne eksaminering voorgelê word. Die modules wat onderrig word, word deur eksaminering en/of navorsingsprojekte geassesseer. Die tesis word ingevolge die regulasies van die Universiteit Stellenbosch vir eksterne eksaminering voorgelê.
Toelatingsvereistes
Om vir die MPhil-program oorweeg te word, moet jy oor een van die volgende kwalifikasies op NKR-vlak 8 beskik:
- Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek
- Toepaslike honneursgraad
- Toepaslike nagraadse diploma
- ʼn Kwalifikasie wat deur die Senaat as gelykstaande goedgekeur is
- ʼn MBChB of ander gesondheidswetenskappe-kwalifikasie (vir die spesialisering in biomediese etiek), op voorwaarde dat hierdie kwalifikasie, na die oordeel van die Departement Filosofie, voldoende bedrewenheid in etiek of etiekverwante gebiede inkorporeer.
- ʼn Gemiddelde finale punt van minstens 65% vir die vorige kwalifikasie
Inskakeling met ander programme
As jy in hierdie program belangstel, maar nie aan die vereistes voldoen nie, sien gerus ons Nagraadse Diploma in Toegepaste Etiek. Hierdie diplomaprogram is ontwerp om toegang tot die MPhil in toegepaste etiek te fasiliteer.
Studente kan om toelating tot die PhD (Filosofie)- of die PhD (Toegepaste Etiek)-program aan die Universiteit Stellenbosch aansoek doen, op grond van die verwerwing van die MPhil (Toegepaste Etiek) met ʼn gemiddelde punt van 70% of meer.
Toelating geskied na die goeddunke van die Departement Filosofie, gegrond op die beskikbare navorsingskundigheid en die suksesvolle voorlegging van ʼn formele doktorale voorstel aan die Hoërgradekomitee van die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe.
Navrae
Raadpleeg die volgende kontakbesonderhede vir bykomende inligting:
- Spesialisering in bio-etiek – dr Susan Hall ([email protected])
- Spesialisering in besigheidsetiek – prof Minka Woermann ([email protected])
- Spesialisering in omgewingsetiek – prof Louise du Toit ([email protected])
- Spesialisering in die etiek van kunsmatige intelligensie – dr Tanya de Villiers-Botha ([email protected])
- Spesialisering in sosiale en politieke etiek – dr Anna Hartford ([email protected])
- Algemene inligting – me. Rachel Adams ([email protected])
Spesialiserings
Next intake: 2027